Hoërskool Bekker Plaas Lewe
Ervaar ons
Bekker Plaas!
Waar kan jy skoolgaan met ‘n goudgeel sonsopkoms, groen mielielande, die gekwetter van voëltjies, ‘n bees wat bulk, skape wat blêr, ‘n haan wat kraai en hope vars lug? Bekker Plaas bied elke kind dié unieke ervaring!
Waar kry kinders nog kans om met hulle vingers in die grond te woel terwyl hulle spinasie plantjies help plant, die dou nog op die soetrissies te sien blink wanneer hulle help pluk en om te besef wat ons as mens se verantwoordelikheid is om diere daagliks te versorg?
Bekker Plaas bied presies dít en nog vele meer!
Hoërskool Bekker spog tans met ‘n Afrikaner stoet en het in 2021 ons eie Afrikanerstoetbul aangekoop. Tydens die jaarlikse Jeugskou kampioenskappe maak die leerders van ons eie stoet gebruik om te skou.
In samewerking met Iron Holdings spog die skool verder met ‘n Bonsmara stoet. Die beeste word vir teeldoeleinde gebruik en uit ons voerkraal voorsien ons vleis aan die Bekker Plaaswinkel en die koshuis.
Die lê-henne voorsien die Bekker Plaaswinkel, die koshuis en die gemeenskap van eiers. Daar is perde, varke, boerbokke, melkbokke en skape op die plaas. Al hierdie diere word ook tydens jaarlikse Jeugskou kampioenskappe gebruik.
Die skool plant gewasse en groente volgens seisoen en het al suksesvolle oeste gehad op mielies, hawer, teff, koring, oulandsgras, soetrissies, kool, pampoen, spinasie, eiervrug, tamaties en butternuts.
Die plaas bied 5 tonnels vir groente, 12.5 hektaar onder spilpunt en 19.5 hektaar droë lande.
In die nabye toekoms beoog die plaas om uit te brei en ‘n hidroponika sisteem in plek te stel vir die leerders.
Die plaas is daar om vir ons leerders die geleentheid te bied om eerstehandse praktiese ondervinding op te doen, om hulle kennis te verbreed en om ‘n liefde vir landbou te kweek.
Jeugskou
Die doel is om die leerlinge se belangstelling in landbou en lewensvaardighede aan te kweek en beroepe in die landbou asook entrepreneurskap aan te leer.
Leerlinge skou met die diere, was die diere en doen voorbereiding van die diere. Daar is kompetisies as skouman en groepskou.
Leerlinge neem aktief in die volgende kategorieë deel:
-
Beeste (Vleis- en melkbeeste)
-
Bokke (Vleis, melk en vesel)
-
Skape (Vleis en wol)
-
Perde
-
Varke
-
Duiwe
-
Pluimvee
-
Konyne
-
Suiwelprodukte
-
Kullinêre kuns
Vir bespreking kontak asb
Mariëtte van Heerden – marketing@bekkerbond.co.za
skoolure
- Mon – Thu: 07:15 – 13:50
- Fri 07:15 – 13:30

ALGEMENE NAVRAE -ONTVANGS
Kontak nommer
Epos adres
general@bekkerhs.co.za
FINANSIËLE NAVRAE
Adres
R98, Plaas Zeekoehoek, Magaliesburg, Gauteng 1791
Posadres
Private Bag X5002,
Magaliesburg, 1791